Suksesvolle netbalnaweek vir Landboudal

Lees ook :

Landboudal was die afgelope naweek die eregas vir ‘n baie suksesvolle o/13 netbalnaweek.

Tydens die geleentheid het netbalspelers die kans gekry om afrigting te ontvang van Gertriana Retief en Sne Mdletshe (SA o/20-kaptein).

Buiten die verrigtinge op die netbalbaan, was daar ook hope pret in die program ingesluit met aktiwiteite soos moddergat, kanaalry en foefieslaaid.

Aan die einde van die kliniek het die splelers wedstryde gespeel, waartydens hulle die kans gekry het om dit wat hulle tydens die afrigtingskliniek geleer het, toe te pas.

Uitslae vir die  netbal
Bloem Laer B wen Jacobsdal
Bloem Laer A wen Jacobsdal
Bloem Laer B wen Bloemhof
Bloem Laer A wen Bloemhof
Jacobsdal wen Bloemhof
Bloem Laer A wen Bloem Laer B

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief