GAUTENG. – Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat teen korrupsie (IDAC) sê daar word kennis geneem van mediaberigte wat beweer dat lt.genl. Dumisani Khumalo, die hoof van misdaadintelligensie, glo in hegtenis geneem is.
IDAC-woordvoerder Henry Mamothame het egter beklemtoon dat dié inligting verkeerd is en bevestig dat genl. Khumalo nie in hegtenis geneem is nie. Hy het verder aangedui dat geen ander lede van misdaadintelligensie in hegtenis geneem is nie.
IDAC sê die doel van die verklaring is om die feite reg te stel en verkeerde beriggewing uit die weg te ruim.





