Nóg drie verdagtes in KZN doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Drie verdagtes is in twee insidente, Woensdagmiddag in Gelebe in Inanda en Donderdagoggend vroeg in die Edaba- informele nedersetting in Tshelimnyama, Marianhill, doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê die drie verdagtes was vir afpersing en moord in die eThekwini-area gesoek. Woensdag is inligting oor ‘n beweerde verdagte wat vir ten minste vier afpersingsake en nog vier aanklagte van moord in KwaNdengezi en Marianhill gesoek word, opgevolg. Met aankoms by die huis het die verdagte op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet en die verdagte noodlottig gewond. ‘n 7.65 mm-pistool met vier rondtes is in sy besit gevind.

Donderdagoggend vroeg is ‘n operasie uitgevoer na inligting ontvang is. Twee verdagtes, wat vir beweerde afpersing en moord gesoek is, se wegkruipplek is ontdek. Die verdagtes was vasgekeer en het op die polisie geskiet, waarna die polisie teruggeskiet het en beide noodlottig gewond het. Twee vuurwapens is in die oorledenes se besit gevind.

“Die twee vuurwapens sal vir ballistiese toetse geneem word om vas te stel of dit met ander misdaadtonele verbind word. Die drie oorlede verdagtes het bande gehad met die ses verdagtes wat in die begin van September 2024 in ‘n skietgeveg met die polisie by vakansieverblyf in South Beach, Durban, geskiet en noodlottig gewond is.”

Lees meer daaroor hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief