Nóg ‘n slagoffer van ‘vakansieswendelaar’ kom na vore

Lees ook :

Foto: AfriForum Privaatvervolgingseenheid

Aanklagte teen Francois Swart, die sogenaamde vakansieswendelaar, het meer geword toe nog ‘n slagoffer Woensdag ‘n saak met die hulp van AfriForum se privaatvervolgingseenheid by die Douglasdale-polisiestasie oopgemaak het.

Barry Bateman, woordvoerder vir AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê die klagte van Ruan Kruger volg slegs etlike dae voordat Priority Escapes se eienaar in die Modimolle-landdroshof sou verskyn.

Swart het vandag in die hof verskyn op sake wat reeds in Augustus 2023 in Modimolle teen hom aanhangig gemaak is. Hy het glo niksvermoedende voornemende vakansiegangers uit hoë bedrae geld bedrieg. Nog persone na aan die beskuldigde is ook glo na bewering deur klaers as deel van die ongerymdhede geïdentifiseer.

Bateman sê die staatsaanklaer het vandag uitstel gevra vir die polisie se verkryging van bankstate wat gefinaliseer moet word. Die saak is tot 25 April uitgestel.

Landdroshowe vereis van die publiek om sekuriteitsregisters in te vul en die deursoeking van ‘n persoon en sakke in hulle besit vorm deel van veiligheidsprotokol.

Die privaatvervolgingseenheid het egter opgemerk dat Swart en sy prokureur gereserveerde parkering vir hofpersoneel gebruik. Hulle het ook nie die sekuriteitsproses deurgaan toe hulle die hofgebou binnegegaan of verlaat het nie. Bateman sê hierdie optrede is ‘n ernstige breuk in die hof se sekuriteit en sal by die hofbestuurder en die hooflanddros se kantoor aangemeld word.

“Hierdie insident het kommer laat ontstaan dat sekere beskuldigde persone sekere voorregte het wat nie aan gewone lede van die publiek toegestaan word wanneer hulle hofverrigtinge bywoon nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief