Noord-Koreaanse tieners tot harde arbeid gevonnis oor internasionale TV-dramas

Lees ook :

'n Skermgreep uit die video: BBC

NOORD-KOREA. – Die nuusagentskap BBC het nou in besit gekom van beeldmateriaal waarin gewys word hoe twee tieners in Noord-Korea tot 12 jaar harde arbeid gevonnis word omdat hulle na bewering na Koreaanse novelles (K-dramas) gekyk het.

Volgens berigte is die beeldmateriaal in 2022 vervaardig en wys hoe twee seuns (16) voor honderde studente by ’n buitelugstadion geboei word.

Suid-Koreaanse en ander internasionale vermaak word streng in Noord-Korea verbied. Dit keer landsburgers egter nie om toegang daartoe te probeer verkry nie.

Noord-Korea het glo die video vervaardig om ander landsburgers te waarsku om nie na internasionale vermaak te kyk of te luister nie. Die video bevat propaganda van die staat wat beweer dat die tieners “hulle lewens verwoes het”.

Die seuns se name en adresse word in die video bekend gemaak. In die verlede sou minderjariges vir dieselfde misdaad vir ’n minimum van vyf jaar na jeugkampe gestuur word. In 2020 is egter ’n wet uitgevaardig wat die kyk of verspreiding van Suid-Koreaanse vermaak met die dood strafbaar maak.

Volgens ’n individu wat dit reggekry het om uit Noord-Korea te ontsnap, kan jy wegkom met omkoopgeld indien jy gevang word dat jy na Amerikaanse dramas kyk, maar as dit Suid-Koreaanse vermaak is, is dit neusie verby.

Noord-Koreaanse burgers word geleer dat mense in Suid-Korea in veel erger omstandighede as hulle leef. Dit is met die kyk na hierdie K-dramas en ander vermaak dat Noord-Koreane besef dit is ’n leuen.

Bronne: BBC, NBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief