Nuwe Ebola-uitbraak in Kongo eis 15 lewens

Lees ook :

Nuwe Ebola-uitbraak in Kongo, 15 dood fotokrediet: Canva

REPUBLIEK DIE KONGO. – Die gesondheidsministerie van die Republiek die Kongo het gister ’n nuwe uitbraak van Ebola in die Kasai-provinsie verklaar.

Lees ook: Sowat 50 mense sterf skielik in Kongo aan onbekende siekte

Volgens die ministerie is daar tans 28 vermoedelike gevalle en 15 sterfgevalle, waaronder vier gesondheidswerkers .

Die eerste tekens van die uitbraak is op 20 Augustus ontdek toe ’n swanger vrou (34) in die hospitaal opgeneem is met simptome wat ’n hoë koors en braking ingesluit het. Sy is ure later oorlede nadat van haar organe ingegee het.

Die WGO het aangekondig dit is besig om op te tree om te keer dat die siekte nie verder versprei nie. Volgens hulle sal “gevalle waarskynlik styg met die siekte wat reeds in die rondte is. Spanne sal werk om mense op te spoor wat moontlik besmet is en behandeling nodig het om seker te maak dat almal sodra moontlik beskerm kan word”.

Bronne: DW – South Africa, BBC, ABC

Lees ook: Sowat 50 mense sterf skielik in Kongo aan onbekende siekte

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief