VRYSTAAT. – ‘n Onbekende man se liggaam is op 11 April omstreeks 16:00 gevind waar dit in die Dynamite-steengroef-myndam tussen Witherowrylaan en Sonneblomstraat in Heidedal dryf.
Lt.kol. Thabo Covane sê die polisie is deur ‘n gansjagter van die liggaam in kennis gestel, waarna die soek-en-reddingspan ontbied is.
Die liggaam is dié van ‘n swartman in sy laat 30’s met die woord “LEBAMANG” op sy linkerarm getatoeëer. Hy was in ‘n blou denimbroek en ‘n hemp met “CUT”-borduurwerk geklee.
‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die Heidedal-polisiestasie oopgemaak.
Enigiemand wat kan help om die man of sy familie te identifiseer, word gevra om lt.kol. Itumeleng Pule by 071 606 5715 of kapt. Steve Masolane by 082 301 2834 te bel.





