Ondersoekers hoopvol dat JonBenét Ramsey-moordsaak binnekort opgelos kan word

Lees ook :

Ondersoekers hoopvol dat JonBenét Ramsey-moordsaak binnekort opgelos kan word
Ondersoekers hoopvol dat JonBenét Ramsey-moordsaak binnekort opgelos kan word fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Maddie McCann-hoofverdagte op pad hof toe vir onverwante verkragtingsaak

VSA. – Die ondersoekers in die moord op die kinderskoonheidskoningin JonBenét Ramsey (6) is hoopvol dat die saak binnekort na 28 jaar opgelos kan word. Belangstelling in die saak is opnuut aangevuur deur die Netflix-dokumentêr Cold Case: Who Killed JonBenét Ramsey.

JonBenét Ramsey se ouers het op 26 Desember 1996 ontdek dat sy vermis is. ‘n Losprysnota is in hulle huis in Boulder, Colorado gelos en daar is geglo sy is ontvoer. Haar liggaam is egter ure later deur haar pa in die kelder van hulle huis ontdek met ‘n garrot (ysterhalskraag) om haar nek, ‘n gekraakte skedel en tekens van seksuele aanranding.

Die ondersoekers in die saak het gesê hulle hoop om die saak in 2025 op te los met nuwe genetiese tegnologie om die DNS wat aan haar onderklere gevind is aan ‘n verdagte te verbind. Haar ouers is in 2009 as verdagtes vrygespreek.

Bronne: The Independent, ABC News, CNN

Lees ook: Maddie McCann-hoofverdagte op pad hof toe vir onverwante verkragtingsaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief