Ongeveer nege chalets brand by oord

Lees ook :

Foto's: Hartbeespoort Emergency Medical Services

NOORDWES. – Ongeveer nege chalets is Woensdagoggend by ‘n vakansie-oord net buite Brits in ‘n brand beskadig. Sommige chalets was verswelg deur vlamme.

Hartbeespoort Emergency Medical Services (H.E.M.S.) sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens se ambulansbemanning het hulle saam met brand-en-reddingspanne ná ’n noodoproep oor ’n struktuurbrand na die oord gehaas. Met hulle aankoms het die spanne ’n vinnig verspreidende brand aangetref wat reeds verskeie chalets verswelg het. Hulle het onmiddellik onverpoos begin werk om die brand onder beheer te bring, om sodoende verdere skade te voorkom.

Ongeveer nege chalets is deur die brand geraak. Danksy die vinnige en gekoördineerde optrede van die brandbestryders kon die brand gekeer word voordat dit na meer strukture versprei het. Geen ernstige beserings is tydens die voorval aangemeld nie.

Die oorsaak van die brand word tans ondersoek. Die diens het alle noodpersoneel bedank vir hul professionaliteit en toewyding om die oord se gaste en personeel eerste te stel.

In kommentaar is daar bespiegel dat die brand by Dikhololo ontstaan het. Nuusflits het kommentaar gevra.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief