OOS-KAAP. – ‘n Kleutermeisie (3) se oom (49), wat van haar moord beskuldig word, het Maandag in die Bedfordview-landdroshof voorgekom. Die saak is tot 15 Julie uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Kol. Priscilla Naidu sê die kleuter was na bewering omstreeks 21:40 Donderdagaand saam met haar ma in ‘n plaaslike kroeg. Die oom het haar glo weggeneem en ongeveer ‘n uur later sonder die kleuter teruggekeer. Haar liggaam is in ‘n straat in die Ndlovini-woonbuurt gevind. Sy het verskeie snymerke aan haar liggaam gehad.
Naidu sê die oom is Vrydag reeds in hegtenis geneem.
Die moontlikheid van nog aanklagte teen die beskuldigde is moontlik wanneer die nadoodse verslag bekend is.
‘n Saak van kinderverwaarlosing is teen die oorledene se ma oopgemaak.
Lt.genl. Nomthetheleli Mene sê die brutale moord op ‘n onskuldige kind lê klem daarop dat dringend aandag aan misdaad teen vroue en kindes gegee moet word.
“Such heinous acts are not only a breach of our laws but an insult to humanity. The protection of our children is paramount, and we will ensure that justice is served swiftly and firmly. Furthermore, we must emphasize the critical responsibility of parents and guardians in safeguarding the well-being of their children. The presence of a young child in a tavern is both concerning and unacceptable. We understand that many parents face challenging circumstances, but the safety and security of children must always be a priority. We urge all parents to exercise greater care and judgment in their actions. Negligence in this duty will not be tolerated.”