Oorskot van pasgebore baba in donga gevind

Lees ook :

Foro: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Menslike oorskot, die onderlyf van vermoedelik ’n pasgebore baba, is Woensdag deur ‘n gemeenskapslid in ‘n donga gevind. Die Phuthaditjhaba-polisie doen ’n beroep op die gemeenskap vir hulp nadat die ontdekking gemaak is.

AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die ontdekking is in die Boiketlong-seksie van Mabolela-dorp in Qwaqwa gemaak. Die persoon wat die ontdekking gemaak het, het onmiddellik die polisie in kennis gestel. Die bolyf van die liggaam kon nie opgespoor word nie en daar word vermoed dat dit moontlik deur honde verskeur is.

’n Saak van verberging van geboorte is geopen en die ondersoek duur voort. Enigiemand met relevante inligting word gevra om 072 564 3200 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief