Opod ondersoek veiligheidsbeamptes wat as ‘transitorowers’ doodgeskiet is

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

OOS-KAAP. – KZN VIP Protection Services bevestig vier lyfwagte/taktiesebeamptes is op 20 Februarie deur die polisie doodgeskiet. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die insident.

Dié diens sê in ‘n verklaring die beamptes het hulle lewens tydens polisie-aksie in die Butterworth-gebied verloor. Die omstandighede van die insident kan nie bevestig word nie. KZN VIP Protection Services sê die rede is dat die polisie teenstrydige verklarings vrygestel het en dit tot onakkurate mediaverslaggewing gelei het.

“Sommige verslae het ons beamptes verkeerdelik bestempel as verdagtes wat betrokke was by ‘n transitorooftog en hulle daarvan beskuldig dat hulle ongelisensieerde vuurwapens besit.”

Dié diens wil dit duidelik stel: die video’s en foto’s van die insident wat op sosiale media versprei word, beweer die teenoorgestelde.

“Ons bly hoopvol dat dit sal help om die onskuld van ons lede te bewys. In die lig van hierdie tragiese gebeurtenis het die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod) ‘n moordondersoek geopen, wat tans aan die gang is.”

Enigiemand met relevante inligting word versoek om na vore te kom en kan selfs vertroulike wenke aan 067 594 6697 WhatsApp.

KZN VIP Protection Services bedank die ondersteuning wat hulle tans ontvang.

Nuusflits het kommentaar van Opod gevra.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief