INTERNASIONAAL. – Ouers van ’n tienerseun wat vroeër die jaar selfdood gepleeg het, is besig om OpenAI vir sy dood te dagvaar.
Lees ook: Sowat agt mense dood en verskeie beseer in Russiese aanval op Oekraïne
Volgens die dagvaarding is Adam Raine (16) op 11 April oorlede nadat hy vir maande met ChatGPT oor selfdood gepraat het.
Sy ouers, Matt en Maria, het gesê Adam het aanvanklik ChatGPT vir skoolwerk gebruik. maar hy het dit later gebruik om oor sy “angs en psigiese gesondheid” te praat.
Volgens sy ouers het ChatGPT vir Adam inligting gegee oor hoe om bewyse van ’n vorige selfdoodpoging weg te steek en het sy selfdoodgedagtes aangemoedig.
ChatGPT het glo selfs aangebied om die selfdoodbrief vir Adam te skryf.
’n Woordvoerder vir OpenAI het gesê die maatskappy is hartseer oor Adam se dood en dat ChatGPT stelsels in plek het om mense na hulplyne te verwys. Die woordvoerder het gesê die stelsels werk meestal in kort sessies, maar kan mettertyd “minder effektief raak”. OpenAI het gesê dit gaan ChatGPT se stelsel opgradeer, maar het nie op die dagvaarding reageer nie.
Bronne: Metro, Sky News, BBC
Lees ook: Sowat agt mense dood en verskeie beseer in Russiese aanval op Oekraïne





