Paramedici waarsku teen hitte-uitputting

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

Lees ook.

ALS Paramedics het ‘n waarskuwing teen hitte-uitputting uitgereik terwyl die grootste deel van die land tans onder ‘n hittegolf gebuk gaan.

Garrith Jamieson sê Durban-inwoners moet veral vandag op hul pasoppens wees.

Die res van Suid-Afrika word nie hoë temperature en ondraaglike humiditeit gespaar nie.

Jamieson sê mens moet by die weer aanpas en jouself nie in die hitte ooreis nie. Hy beklemtoon in die hitte moet na bejaardes omgesien word en seker gemaak word genoeg vloeistof word ingeneem.

Indien kinders aan sport moet deelneem, moet water en sonbrandmiddel beskikbaar wees.

Jamieson sê die gemeenskap moet ook nie van hulle troeteldiere vergeet nie en ook genoeg water vir hulle gee.

Tekens van hitte-uitputting sluit ‘n hoë liggaamstemperatuur, gedrag of geestestoestand wat verander, naarheid, versnelde hartklop, vinnige asemhaling en hoofpyn in.

Voorkomende maatreëls sluit die dra van lospassende klere, rustigheid op die warmste tyd van die dag en die inneem van genoeg vloeistowwe in. Mense en diere moet ook onder geen omstandighede in ‘n geparkeerde voertuig gelaat word nie.

Hy sluit af deur te sê noodnommers moet te alle tye beskikbaar wees. ALS Paramedics in KwaZulu-Natal kan by 082 926 8489 gebel word.

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief