Paramedikus red Jack Russell se lewe

Lees ook :

Foto: VR Medical

VRYSTAAT. – ‘n Jack Russell is tydens ‘n huisbrand in Genl. De La Reystraat in die voorstad van Generaal de Wet in Bloemfontein deur paramedici behandel.

VR Medical sê in ‘n sosialemediaplasing die Jack Russell is gevind terwyl hulle besig was om die brand te blus en na ‘n pasiënt om te sien. Die troeteldier het vanweë rookinaseming aanvalle gekry en is deur ‘n paramedikus, Tiaan, gehelp.

Tiaan het dadelik suurstof gegee en KPR toegepas en sodoende die Jack Russell se lewe red.

“Thank you Tiaan for showing all lives matter.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief