Pasiënt sterf in afsonderingskamer tydens brand

Lees ook :

Foto: Lucky Makhubela Google Maps

GAUTENG. – ‘n Vrou (35) wat in die vroulike psigiatriese eenheid by Dr. George Mukhari Akademiese Hospitaal opgeneem was, het Maandagaand gesterf. ‘n Brand het in die afsonderingskamer waar sy was, uitgebreek.

Die departement van gesondheid sê die vrou is op 20 Junie opgeneem en is op 24 Junie, as deel van behandeling, in afsondering geplaas.

‘n Brand het omstreeks 18:35 in die afsonderingskamer uitgebreek. Die brandweer het die brand vinnig geblus, maar die vrou het noodlottige beserings opgedoen.

Altesaam 17 ander pasiënte in die eenheid kon suksesvol ontruim en as voorsorgmaatreël na ‘n ander saal van die eenheid oorgeplaas word.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief