Petrolprys: finale styging in Maart

Lees ook :

Die departement van energie het Maandagoggend bekend gemaak dat petrol van alle grade en diesel op Woensdag 6 Maart sal styg. Petrol sal 74c per liter styg terwyl diesel met 91c per liter meer  sal kos. Diesel met swaelinhoud sal dus 93c per liter styg.

Dit beteken dat iemand wat twee keer ‘n maand ‘n tenk van 45 liter volmaak, sal in Maart nagenoeg R67 meer aan petrol of R84 meer aan diesel bestee as in Februarie.

Indien die rand nie effens sterker was die afgelope maand nie, sou die stygings erger gewees het. Die rand was gemiddeld R13,80 teenoor die dollar, teenoor die vorige maand se R13,95.

As die rand onveranderd was, sou brandstof met nog 9c per liter duurder geword het, wat die styging in die dieselprys tot meer as R1 per liter sou opdruk.

Die enigste rede vir die styging is dus die skerp styging in die wêreldwye brandstofpryse die afgelope maand. 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief