Polisie waarsku oor dreigemente van ‘shutdown’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die polisie in Limpopo waarsku streng teen die verspreiding van dreigemente om die provinsie moontlik tot stilstand te bring.

Kol. Malesela Ledwaba sê die publiek word aangemoedig om met hulle normale lewens aan te gaan en nie berugte oor intimidasie of aanvalle te vrees nie.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het inwoners van Seshego, Mankweng, Lebowakgomo en Matlala gerus gestel en gesê die polisie monitor gebeurlikhede en is op ‘n hoëgereedheidsgrondslag indien insidente voor of op 4 April sou voorkom. Die publiek word versoek om waaksaam te bly en enige verdagte aktiwiteite en dreigemente aan te meld.

“Law enforcement agencies are prepared to deal decisively and harshly with any individuals found responsible for instigating or participating in activities aimed at disrupting public order and safety. The SAPS will utilize all available resources to maintain law and order and ensure the protection of citizens and property,” sê Hadebe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief