GAUTENG. – Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het vanoggend (Dinsdag) op vier aanklagte van die oortreding van die wet op openbare finansiële bestuur in die Pretoria-landdroshof voorgekom. Die hofsaak hou verband met ‘n beweerde onreëlmatige kontraktoekenning ter waarde van ongeveer R228 miljoen aan Medicare 24.
Henry Mamothame, NVG IDAC-woordvoerder, sê die saak is vir verdere ondersoek tot 13 Mei uitgestel sodat Masemola saam met 16 ander beskuldigdes op die klagstaat gevoeg kan word. Die aanklagte hou verband met die beweerde onreëlmatige toekenning van die multimiljoenrand-kontrak aan Medicare 24, ’n maatskappy wat deur Vusimuzi “Cat” Matlala besit word.
Masemola sal saam met die 16 medebeskuldigdes, insluitend Matlala, teregstaan op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery.





