Polisielede wat glo onwettige myner help ontsnap weer in hof

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Jack Motlhabya (37), Menzi Shabalala (38), Ntuthuko Dladla (40) en Samkelo Mbotho (38) het Woensdag in die hof verskyn na hulle glo ‘n onwettige myner van Stilfontein, genaamd Tiger, gehelp ontsnap het.

Sivenathi Gunya, woordvoerder vir die NVG, sê die beskuldigdes, verbonde aan die nasionale intervensie-eenheid (NIU), staan op aanklagte van regsverydeling en hulp aan ‘n aangehoudene om te ontsnap in die Stilfontein-landdroshof tereg.

Verskeie onwettige myners is op 15 Januarie uit ‘n mynskag in Stilfontein gered en na die oppervlak gebring. Die onwettige myners is deur polisielede wat dienste vir operasie Vala Umgodi verrig het, gearresteer. “Tiger” is deur verskeie onwettige myners as die persoon wat ondergronds in beheer was, geïdentifiseer. Die beskuldigde het op die dag van sy inhegtenisneming ontsnap, waarna ‘n ondersoek deur die teenkorrupsie-eenheid geloods en die vier polisielede op 31 Januarie gearresteer is. Hulle het op dieselfde dag in die hof verskyn, waarna elkeen op R1 000 borg vrygelaat is.

Die vier beskuldigdes se verhoor vir verdere ondersoek tot die volgende hofverskyning op 29 Mei uitgestel. Die beskuldigdes is steeds op borg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief