LIMPOPO. – Dr. Phophi Ramathuba, die premier in die provinsie, beoog om vandag (Dinsdag) die Letaba-hospitaal te besoek om onder meer ingelig te word oor die toestand van die enigste oorlewende baba van die drieling wat onlangs daar gebore is. Twee van die babas het gesterf. Daar sal op die spesialissorg wat die baba ontvang en die ondersteuning aan die familie gefokus word.
Thilivhali Muavha, premierswoordvoerder, sê die doel van die besoek aan die hospitaal is deel van oorsig oor gesondheidsdienste in die provinsie. Die premier is ten doel om seker te maak dat dienslewering verbeter en dat belangrike projekte betyds afgehandel word. Ramathuba gaan voorts kyk hoe ver die werk aan ‘n nuwe niereenheid gevorder het. Die eenheid sal na verwagting help om pasiënte in die Mopani-distrik en omliggende gebiede beter toegang tot spesialisbehandeling te gee.




