Brekende Nuus
Afrikaans

Princeston-universiteit verniet vir gesinne wat minder as $100 000 verdien

Teen volprys kan dit studente se ouers tot $80 000 per jaar uit die sak jaag om by dié spoggerige universiteit te studeer.

(Fotokrediet: Princeton University)
(Fotokrediet: Princeton University)

Luidens ‘n verklaring wat Donderdag deur die Princeston-universiteit uitgereik is, is studente wie se gesinne minder as $100 000 verdien, nou welkom om gratis by dié universiteit te studeer.

Die universiteit, waar bekendes soos Michelle Obama studeer het, het vroeër net studente wie se ouers minder as $65 000 per jaar verdien, gratis by die universiteit toegelaat.

Teen volprys kan dit studente se ouers tot $80 000 per jaar uit die sak jaag om by dié spoggerige universiteit te studeer.

Princeston-universiteit sal ook studente wie se ouers minder as $150 00 per jaar verdien, finansieel ondersteun.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.