Prins Harry gekritiseer oor onderhoud na hy hofsaak oor beskerming verloor

Lees ook :

Prins Harry gekritiseer oor onderhoud na hy hofsaak oor beskerming verloor fotokrediet: X

VK. – Prins Harry is gekritiseer oor ’n onderhoud wat hy gevoer het kort na hy die appèl verloor het oor sy veiligheid wanneer hy in die VK is.

Lees ook: Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale

Harry het in die onderhoud gesê hy wil versoen met sy familie, maar dat koning Charles nie “met my wil praat nie oor hierdie sekuriteit goed” alhoewel die koning dit sou kon oplos. Hy het ook gesê hy weet nie hoe lank die koning meer het om te lewe nie. Buckingham-paleis het gesê koning Charles het gevoel dit sou ongrondwetlik gewees het om by die saak in te meng terwyl dit in die hof was.

Harry het ook in die onderhoud gesê daar is sekere mense wat hom wil skade aandoen, maar dat hy nie “in hierdie stadium” name gaan noem nie. Hy het gesê dit sal die “firm” (koninklike familie) se skuld wees as hy of Meghan iets oorkom.

Koninklike bronne het gesê koningin Elizabeth sou “werklik geskok” gewees het deur Harry se uitbarsting en dat hy hom verder isoleer van die familie ten spyte van sy bewerings dat hy wil versoen.

Harry het hom ook kritiek op die hals gehaal omdat hy gesê het hy weet nie hoe lank sy pa nog het om te lewe nie. Mense het gereageer deur te sê die opmerking was swak smaak.

Bronne: BBC, CBS News, The Sun

Lees ook: Liefdadigheidskommissie ondersoek prins Harry se Sentebale

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief