Regering sê brandstofvoorraad is stabiel – vrae bly oor tekorte by vulstasies

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die SA-regering sê die land het genoeg brandstof en dat toevoer stabiel bly ondanks internasionale spanning. Owerhede werk saam met die bedryf om die situasie dop te hou en energievoorsiening te beskerm. Die departement van minerale en petroleumhulpbronne sê hy monitor voorraadvlakke en sal ingryp indien nodig.

Wynand Boshoff van die Vryheidsfront Plus is egter skepties. Hy sê daar is ’n verskil tussen die regering se boodskap en wat by vulstasies gebeur. Volgens hom is daar waarskuwings van verskaffers oor moontlike tekorte, terwyl sommige vulstasies reeds sonder brandstof sit. Hy sê dit maak sin dat nuwe voorraad eers teen vroeg April aankom, maar dit verduidelik nie hoekom handelaars nou sukkel om brandstof te kry nie.

Boshoff meen voorraad kan moontlik teruggehou word in afwagting op nuwe pryse. Met verliese van sowat R4 per liter vir petrol en R7 vir diesel, kan dit meer winsgewend wees om later te verkoop. Hy waarsku dat tekorte die ekonomie kan benadeel. Pryse kan styg en voedselvoorsiening kan geraak word. Die oesseisoen is naby, en die landboubedryf kan swaar kry as brandstof skaars raak.

Suid-Afrika is afhanklik van ingevoerde brandstof, met Sasol wat net ’n deel plaaslik produseer. Dit maak die land kwesbaar tydens internasionale konflik.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief