Saak uitgestel teen beskuldigdes wat glo kleuter in video laat rook

Lees ook :

Foto's: JMPD

GAUTENG. – Die saak teen ’n ma wat in ’n opspraakwekkende video gesien word terwyl sy glo saam met haar seun (4) ’n onbekende middel rook, asook haar drie mede-beskuldigdes, is Maandag tot 7 Augustus uitgestel sodat die beskuldigdes se alternatiewe woonadresse geverifieer kan word. Die verdagtes is deur Johannesburg-metropolisie (JMPD) vasgetrek nadat die video op 29 Julie versprei is.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die ondersoekbeamtpe het aangedui dat die verskafde adresse nie tydens ‘n onlangse besoek toeganklik was nie. In die video word die kleuter glo gesien terwyl hy ’n middel in ’n pyp vir sy ma aansteek. Sy ma moedig die kleuter in die teenwoordigheid van die ander beskuldigdes aan om ook te rook. Die kleuter is in ‘n plek van veiligheid geplaas.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van kindermishandeling en poging tot moord.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief