SANW ontken soldate word deur rebelle aangehou

Lees ook :

Foto: SANDF

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ontken gerugte van twee soldate, ontplooi in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), wat glo deur M23-rebelle aangehou word.

Die weermag sê alle berigte oor die bewerings word verwerp. Dit word in ‘n ernstige lig gesien, aangesien dit nie die eerste keer is wat berigte, wat die weermag se naam beswadder, gepubliseer is nie.

Alle lede wat in die DRK ontplooi is, is teenwoordig en op hul pos. Die weermag sal die publiek in SA op hoogte hou van situasies en veiligheid van sy lede.

National Security News het berig weermaglede het hulleself oorgegee aan die rebelle en is in aanhouding.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief