Brekende Nuus
Diere

SAPD sê diens treur oor Sky se dood ná ernstige beserings

Foto's: Ian Cameron

Die Suid-Afrikaanse polisiediens treur oor die dood van Sky, ’n K9 wat ná ernstige beserings aan genadedood onderwerp is.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê Sky se beserings was van so ’n aard dat die besluit geneem is om haar lyding te beëindig, met haar welsyn en waardigheid voorop. Sky word deur haar hanteerder en die breër K9-polisiegemeenskap betreur. Volgens die polisie dien dié honde saam met polisiebeamptes met lojaliteit en toewyding en help hulle met gemeenskapsbeskerming en ondersoeke.

Die polisie sê daar is steeds ernstige vrae oor die omstandighede wat daartoe gelei het dat Sky beseer is. ’n Interne ondersoek is aan die gang.