OOS-KAAP. – Ses leerlinge is in hegtenis geneem nadat ‘n mede-matriekleerling Maandag by die Hoërskool Humansdorp as gevolg van ‘n noodlottige steekvoorval gesterf het.
AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die tieners, vier minderjariges tussen 16 en 17 jaar en twee 18-jariges, is kort ná die voorval deur speurders naby die grondpd wat na Oesterbaai lei, opgespoor. “Hulle is ondervra en later op ’n aanklag van moord aangehou,” sê Nkohli.
Nkohli het bevestig dat die vier minderjariges in die kinderhof sal voorkom, terwyl die twee 18-jariges Donderdag in die Humansdorp-landdroshof sal verskyn.
Lees ook meer hier onder:





