[t4b-ticker]

Ses op aanklag van afpersing in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Ses verdagtes is Donderdag op aanklagte van afpersing in hegtenis geneem en sal vandag in die Ga-Rankuwa-landdroshof voorkom. Die polisie het meer as R46 000 wat glo in hulle besit was, gekonfiskeer.

Lt.kol. Mavela Masondo sê ‘n intelligensie-gedrewe operasie is geloods na verdagtes wat na bewering geld van buitelandse winkeleienaars in Akasia en Soshanguve afgepers het. Die gekonfiskeerde bedrag is binne ses uur deur die verdagtes ingevorder.

“Op ’n vraag waarvoor die geld is, het die verdagtes beweer dit was vir die veiligheid van die winkeleienaars.”

Die polisie het die verdagtes vir ‘n paar uur dopgehou, en waargeneem hoe hulle met twee voertuie by verskeie winkels stop en die eienaars nader. Toe die polisie ingryp, is die geld in hul besit gevind.

“Die polisie doen ‘n beroep op al die winkeleienaars wat slagoffers van dié afpersingsindikaat was, om na vore te kom en kriminele sake te open,” het lt.kol. Masondo gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief