Stiefpa wat kleuter ‘aanrand en teen muur slaan’ op aanklag van moord in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Jeremy Bosman (29) het Dinsdsag op aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die De Aar-distrikshof verskyn. Hy het glo ‘n kleuterseun aangerand en teen ‘n muur geslaan.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê Bosman het na bewering op 19 Oktober vir Charvandre Kieran Everson (3), sy stiefseun, vermoor en Charnelle Thys (29), die kleuterseun se ma, aangerand. Die kleuter het op die betrokke dag die bed natgemaak. Bosman het hom glo herhaaldelik met sy hande teen die kop geslaan. Hy het na bewering die kleuter verder met ‘n besem aangerand en daarna sy kop teen ‘n muur geslaan.

Volgens getuies en voorlopige ondersoek kon die kind na die aanval nie eet of sy mond behoorlik oopmaak nie.

Toe die kleuter ‘n tweede keer in die bed urineer, is die aanranding herhaal. Senokoatsane sê hierdie keer was daar bloed in die kleuterseun se mond en hy het beheer oor sy liggaamsfunksies verloor. Die kleuter was swak en kon nie sy bene beweeg nie.

“Met die besef van die erns van sy optrede het Bosman glo vir Thys, die kind se ma, opdrag gegee om niks oor die voorvalle bekend te maak nie en het die kind na die De Aar New-hospitaal geneem. Tragies genoeg het mediese personeel met hul aankoms vasgestel dat Charvandre reeds aan sy beserings beswyk het.”

Tydens die mediese ondersoek is verskeie kneusplekke veral op die kleuter se rug opgemerk. Die mediese personeel het onraad vermoed en die owerhede gekontak.

“Ná ‘n ondersoek het die polisie Bosman van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla.”

Die saak is vir formele borgaansoek tot 1 November uitgestel.

“Met verwysing na die erns van die aanklagte, beoog die aanklaer om hierdie Bylae 6-borgtogaansoek teë te staan.”

Die ondersoek van die vervolgingspan duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief