Swartkolk vir eerste keer regstreeks waargeneem #FunFactFriday

Lees ook :

Wetenskaplikes het op 10 April 2019 die eerste regstreekse foto van ’n swartkolk vrygestel.

Die supermassiewe swartkolk is in die middel van die groot elliptiese sterrestelsel Messier 87, geleë  in die sterrebeeld Maagd. Sy massa is na raming miljarde kere so groot soos dié van die son. Teen ’n afstand van 55 miljoen ligjare. Die swartkolk is deur die Event Horizon Telescope afgeneem.

Luidens Wikipedia is ‘n swartkolk ‘n konsentrasie van massa wat só groot is dat die swaartekrag alles, selfs ligstrale, verhoed om te ontsnap. Dit word as swart beskryf, maar daar is nie werklik ‘n gat in swartkolke in die gewone sin van die woord nie. Dit verwys eerder na ‘n gebied in die ruimte waaruit niks kan terugkeer nie.

Sheperd S. Doeleman, projekbestuurder van Event Horizon Telescope by die sentrum van sterrekunde by Harvard, sê: “Ons het die eerste foto geneem van ’n swartkolk. Hierdie wetenskaplike deurbraak  is deur die werk van 200 navorsers moontlik gemaak.”

Voorts sê sy: “Ons het ’n mylpaal bereik wat ’n generasie gelede onmoontlik geklink het. ’n Deurbraak in tegnologie, ’n verbinding met die wêreld se beste radioteleskope en die vernuwende algoritmes, het alles bymekaargekom om ’n nuwe uitkyk oor swartkolke te kry. ”

“Nadat ons die skaduwee van die swartkolk afgeneem het, kon ons dit vergelyk met modelle wat met behulp van ’n rekenaar voorspel is. Baie van die kenmerke wat ons waargeneem het, stem ooreen met die teorie oor swartkolke. Dit oortuig ons dat ons interpretasie van die waarnemings en die massa van die swartkolk akkuraat is,” verduidelik Paul Ho, raadslid en direkteur van die Oos-Asiatiese observatorium.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App