Die saak teen Eben Olivier (38), ‘n voormalige rugbyspeler van die stad, is Vrydagoggend in die Kimberley-landdroshof teruggetrek.
Olivier is op 4 Februarie in hegtenis geneem weens bedrog waarna hy ongeveer twee weke in aanhouding was.
Hy het op 19 Februarie in die hof verskyn waar hy borg vir R500 toegestaan is.
‘n Bekende gastehuis op die dorp het ‘n klag teen hom gemaak nadat hy in die gastehuis gebly het en nooit betaal het nie. Hy het homself voorgedoen as “Deon Gouws” en vir vyf nagte in die gastehuis gebly.
Volgens die gastehuis het hy heeltyd gesê hy gaan betaal sodra hy uitboek.
Die gewese Griekwa- en Griffon-rugbyspeler en die gastehuis het buite die hof geskik.