Tiener se moordsaak vir voortsetting van borgtogaansoek uitgestel

Lees ook :

Foto: GDE

GAUTENG. – Likhona Fose (14) se moordsaak is tot 25 Junie in die Roodepoort-landdroshof uitgestel. Mduduzi Trevor Mnisi (39), wat op parool was en daarvan beskuldig is dat hy Fose vermoor het, se borgtogaansoek is uitgestel sodat sy vriendin die geleentheid gegun kan word om te getuig. Fose se verminkte liggaam is op 2 Junie in Durban Deep gevind.

Die moordondersoek word deur die polisie se okkulte-eenheid gelei.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits Fose het op 31 Mei haar huis verlaat en nie weer teruggekeer nie. Haar broer, wat die nag by ‘n familielid deurgebring het, het by sy terugkeer ‘n boodskap van die gemeenskap gesien oor die liggaam van ‘n jong meisie wat ontdek is. Hy is na die toneel en het die liggaam as dié van sy jonger suster uitgeken.

Die beskuldigde het ’n vorige rekord van poging tot moord en roof en was ten tyde van die beweerde misdaad op parool. Mnisi het in die hof getuig dat hy geen betrokkenheid by die voorval gehad het nie, dat hy aan sy paroolvoorwaardes voldoen het en het versoek dat sy vriendin as getuie geroep word om sy alibi te bevestig. Hy het aangevoer dat hy op die dag van die voorval in Daveyton was en het aangebied om enige hofvoorwaardes na te kom indien borgtog toegestaan word.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) staan die borgtogaansoek teen en beklemtoon die kwesbaarheid van die slagoffer en die erns van die misdaad. Daar is klem gelê op die noodsaaklikheid om geregtigheid en die veiligheid van kinders te prioritiseer.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief