GAUTENG. – ’n Man (39) verskyn vandag in verband met die moord op Likhona Fose (14) in die Roodepoort-landdroshof. Die kind se verminkte liggaam is op 1 Junie in ‘n oop veld in Durban Deep, Roodepoort, gevind. Die polisie se Okkulte-eenheid lei die ondersoek.
Lt.kol. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die verdagte is Maandag in hegtenis geneem en is later aangekla. Fose se verminkte liggaam, waarvan liggamsdele verwyder is, is deur ’n verbyganger ontdek, wat onmiddellik die polisie in kennis gestel het.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





