Lees ook: VSA kan dalk TikTok verban
VSA. – TikTok het gister die Amerikaanse hooggeregshof gevra om ’n wet te blokkeer wat die toep in Amerika sal verban.
Die wet sal vereis dat TikTok se Chinese eienaar, ByteDance, die platform aan ’n Amerikaanse maatskappy verkoop of op 19 Januarie verban word.
TikTok en verskeie regsgroepe het die wet teengestaan en gesê dit oortree die vryspraakregte van Amerikaners. Die maatskappy het die hof gevra om die wet teen 6 Januarie te blokkeer.
Bronne: NBC News, TechCrunch, RepublicWorld.com
Lees ook: VSA kan dalk TikTok verban





