Tradisionele heler se ontbinde liggaam aan balk gevind

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tradisionele heler (53) se ontbinde liggaam is Donderdag by sy huis op Matothi, waar hy aan ‘n dakbalk gehang het, gevind.

Reaction Unit South Africa sê gemeenskapslede het dit aangemeld nadat die liggaam tydens ‘n welstandsbesoek ontdek is.

Met Rusa se aankoms was ‘n groep mense buite die huis. ‘n Reuk van die liggaam wat aan ‘n tou aan die houtdakbalk gehang het, kon tot buite geruik word. Die ooledene is twee weke gelede laas gewaar.

Die huis en kombuis was geplunder en diefwering by ‘n venster was oopgebuig.

Rusa sê daar sal deur ondersoek vasgestel word of die oorledene vermoor is en of hy selfdood gepleeg het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief