GAUTENG. – Twee Suid-Afrikaners is Vrydag vir beweerde dwelmhandel op OR Tambo Internasionale Lughawe (Ortia) vanaf Brasilië gearresteer. Die polisie het kokaïen van R7.5 m. wat glo in die man en vrou se besit was, gekonfiskeer.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê die verdagtes het op twee verskillende vlugte in die land aangekom. Met inspeksie is kokaïen onderskeidelik ter waarde van R2.5 m. in die vrou se besit en R5 m. in die man se bagasie ontdek. Beide is op aanklag van dwelmhandel gearresteer.
Die ondersoek duur voort.








