Twee seuns word vermis

Twee seuns, Dawie Haasbroek (21) en Wiehann Kruger (19), van Hartswater, word sedert Vrydagaand vermis. Pierre Kruger, Wiehann se pa, het aan FiND iT bevestig dat die twee seuns laas saam gesien is. “Hy het vir ’n vriend gaan kuier. Ek is nie seker wat Dawie laaste aangehad het...

Twee seuns, Dawie Haasbroek (21) en Wiehann Kruger (19), van Hartswater, word sedert Vrydagaand vermis.

Pierre Kruger, Wiehann se pa, het aan FiND iT bevestig dat die twee seuns laas saam gesien is. “Hy het vir ’n vriend gaan kuier. Ek is nie seker wat Dawie laaste aangehad het nie, maar my seun sou sekerlik plakkies met ’n kortbroek aangehad het, want hy dra nooit langbroeke nie.”

Schweizer-Reneke of Christiana

“Volgens Whatsapp was Wiehann 00:30 en Dawie 02:58 vanoggend laas online. Hulle fone is nou af. Ek het met iemand by die Bostons- restaurant in Jan Kempdorp gepraat en volgens hom was die twee seuns daar gisteraand, maar het weer rondom 10:00 gery. Hy het wel gesê dat hy die seuns hoor sê het dat hulle na vriende toe gaan in Schweizer-Reneke. ’n Vriendin van Wiehann, wat toe by ’n fees in Christiana was, het gesê hulle was op pad soontoe en “was nie meer ver nie,” so ons weet nie rêrig waarnatoe hulle op pad was nie,” verduidelik Kruger.

“My seun is tans op universiteit en Dawie het by Rohan Vorster gewerk, maar hy het nou daar klaargemaak en sou oorsee gaan om daar te gaan werk.”

Laas gesien …

Maralize van Winsen, van ’n buurtwag op Hartswater, sê die seuns is laas gesien in ’ n wit Isuzu Fleetside-bakkie.

“Die registrasienommer van die bakkie is BGT 192 NC.”

Enigiemand met inligting kan vir Rohan Vorster by 0825794203 bel.

Lotto uitslae vir 20 April 2024

Groenewald en Greeff se appèl suksesvol

Omstanders gryp glo vrag van brandende vragmotor

Vier sterf in ongeluk naby Port Shepstone

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Man wat vrou vermoor, opsny en kook se parool weer geweier

Willem Botha spog met eie parfuum

Onbekende mans sterf toe vragmotor hulle voertuig tref

Mooiweer die naweek verwag

Universiteit van Fort Hare gee binnekort graad aan 19-jarige

Powerball uitslae vir 19 April 2024

Man kry lewenslange vonnis vir verkragting van meisie (12)

Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle verwag ’n dogtertjie

Verdagte op rooftoneel doodgeskiet

 Kyk: Jan Jan Jan en dansende Kwagga vermaak