Twee skoolseuns in hof ná moord op medeleerling

Lees ook :

Foto: GDO

GAUTENG. – Mlehalinye Montasi (20), ’n gr. 12-leerling, en Kgotlhello Mathabathe (19), ’n gr. 10-leerling van Hoërskool Lesedi, het op ‘n aanklag van vooraf beplande moord in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn. Die aanklag hou verband met die dood van Lethabo Mokonyane, ook ’n gr. 10-leerling, van dieselfde skool, op 17 Junie.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits daar word beweer die oorledene was by die skool nadat hy eksamen geskryf het. Op pad na die hek het hy glo die twee beskuldigdes teëgekom. ’n Bakleiery het ontstaan en een van die beskuldigdes het hom glo vasgehou, terwyl die ander hom twee keer met ’n skerp voorwerp gesteek het, een keer in die maag en een keer in die rug. Daarna het die beskuldigdes van die toneel gevlug. Mokonyane is na ‘n hospitaal geneem, waar hy enkele ure later aan sy beserings beswyk het.

Na ’n kort verskyning in die hof is die saak tot 7 Julie vir ’n artikel 6-borgaansoek uitgestel. Die staat is van voorneme om borgtog teen te staan.

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief