Uitspraak uitgestel oor brand waarin 76 sterf

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Die uitspraak teen Lawrance Sithembiso Mdlalose (30) is deur die Johannesburg-hooggeregshof tot 21 Julie uitgestel. Die beskuldigde staan op 76 aanklagte van moord en 12 van poging tot moord ná die verwoestende brand wat op 31 Augustus 2023 in die Usindiso-gebou uitgebreek het.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê die hof het besluit om die saak uit te stel sodat die staat aan sekere hofopdragte kan voldoen, asook om kwessies rondom nadoodse ondersoeke verder uit te klaar.

Volgens die staat se weergawe het die beskuldigde, wat self in die gebou gewoon het, glo op die dag van die voorval in ’n gewelddadige rusie met ’n man, bekend as “KB”, betrokke geraak. Die rusie het na bewering oor geld gegaan wat met dwelms verband hou. Daar word beweer dat die beskuldigde die man aangerand het totdat hy bewusteloos was, en vermoedelik geglo het dat hy dood is. Hy sou daarna petrol gaan koop het, na die gebou teruggekeer het en die slagoffer se liggaam aan die brand gesteek het in ’n poging om die voorval te verbloem. Die brand het vinnig versprei en tot een van die dodelikste brande in die land se geskiedenis gelei.

Ná die tragedie het Pnayaza Lesufi, die Gautengse premier, onder leiding van afgetrede regter Sisi Khampepe, ’n kommissie van ondersoek ingestel om die omstandighede van die ramp te ondersoek. Die beskuldigde is ook beveel om ’n beweerde bekentenis, wat hy voor die kommissie gemaak het, formeel voor ‘n landdros op skrif te stel.

Die saak sal na verwagting in Julie hervat word wanneer die hof sy uitspraak lewer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief