Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte in Valke se dwelmsaak van R260 m. op borgtog

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – Lucas Legabe (49) is op R50 000 borgtog vrygelaat, nadat hy Maandagoggend in die Port Shepstone-landdroshof voorgekom het. Die hofverskyning is in verband met die diefstal van dwelms ter waarde van meer as R260 miljoen uit ’n Valke-kantoor.

Volgens Valke-woordvoerder, kol. Katlego Mogale, staan Legabe tereg op aanklagte van diefstal, huisbraak en die handel in of alternatiewe besit van onwettige dwelms. Die hof het verskeie voorwaardes aan sy borgtog gekoppel. Hy moet onder meer elke Maandag tussen 06:00 en 18:00 by die Brooklyn-polisiekantoor aanmeld en al sy reisdokumente aan die ondersoekbeampte oorhandig.

Die saak is tot 1 Desember uitgestel. Die ondersoek duur voort.