Varkhok-moorde – saak uitgestel

Lees ook :

Foto: NVG

LIMPOPO. – Die dubbele moordsaak teen die varkboer Zachariah Olivier en sy twee werknemers, Rudolph de Wet en William Musora, is Donderdag in die Polokwane-hooggeregshof tot 23 Oktober uitgestel. Olivier, De Wet en Musora staan tereg op aanklagte van die moord op Maria Makgato en Lucia Ndlovu, wat na bewering in 2024 op die Onvervaght-plaas in Limpopo vermoor en in ‘n varkhok gegooi is.

Mashudu Malabi, NVG-woordvoerder, sê die hof het uitspraak gelewer in ‘n verhoor binne ‘n verhoor wat betrekking het op Olivier. Die hof het bevind dat Olivier se verklaring vrywillig afgelê is en nie deur dwang of onbehoorlike beïnvloeding verkry is nie, gevolglik is die verklaring as toelaatbare getuienis aanvaar. Die inhoud van die verklaring sal tydens die volgende hofverskyning op 23 Oktober in die hofrekord voorgelees word.

Adv. George Sekhukhune en adv. Matibidi Malatji verteenwoordig die staat. Al drie beskuldigdes bly in aanhouding.

Locadia Ndlovu (35), ‘n Zimbabwiêr, en Maria Makgatho (44) se liggame is in ‘n varkhok op die plaas Onverwacht ontdek nadat ‘n vragmotor op 17 Augustus vermoedelik vervalde items op die plaas weggegooi het.

Mashudu Malabi Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê die twee vroue was na bewering saam met nog ‘n man op die plaas om van die items te bekom. Na bewering is daar na die drie betreders geskiet. Die twee vroue is noodlottig gewond, maar die gewonde man kon daarin slaag om na die pad te kruip en mediese hulp te kry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief