Twee beskuldigdes laat vaar borg, uitgestel vir nog een beskuldigde van varkplaas-vrouemoorde

Lees ook :

Foto: NVG

LIMPOPO. – Zachariah Olivier (60), ‘n boer, en sy twee werknemers, Adriaan de Wet (19) en William Musoro (45), ‘n buitelandse burger, het Woensdag vir borgaansoek in die Mankweng-landdroshof voorgekom.

Mashudu Malabi Dzangi, woordvoerder vir die NVG, sê Olivier (beskuldigde 1) se aansoek om borg is tot 22 November in die Polokwane-streekshof uitgestel. De Wet en Musoro (beskuldigde 2 en 3) het hulle borgaansoek laat vaar en die saak is tot 18 Februarie 2025 uitgestel.

“Die appèl word gehandhaaf en die verdediging sal afskrifte van die dossiere voor die verhoor ontvang.”

Locadia Ndlovu (35) en Maria Makgatho (44) se liggame is in ‘n varkhok op die plaas Onverwacht ontdek nadat ‘n vragmotor op 17 Augustus vermoedelik vervalde items op die plaas weggegooi het.

Mashudu Malabi Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê die twee vroue, van wie Ndlovu ‘n Zimbabwiese burger, was na bewering saam met nog ‘n man op die plaas om van die items te bekom. Na bewering is daar na drie betreders geskiet. Die twee vroue het gesterf, maar die gewonde man kon daarin slaag om na die pad te kruip en mediese hulp te kry.

Die drie verdagtes het op twee aanklagte van moord met voorbedagte rade, een van poging tot moord, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en regsverydeling in die hof verskyn. Boonop word Musora daarvan aangekla dat hy ‘n onwettige immigrant is.

Die ondersoek duur voort.

Lees meer oor die saak hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief