Veld in Armstrongstraat vol vullis

Lees ook :

KIMBERLEY. – Inwoners van Armstrongstraat in Verwoerdpark moet toekyk hoe die veld oorkant hulle huise vol rommel gestrooi word.

’n Bekommerde inwoner het aan FiND iT gesê die munisipaliteit het verlede jaar die sloot en die sypaadjies silwerskoon gemaak.

“Dit het vandaar net ‘n “rubbish dump” geword. Almal in die systrate kom gooi net alles waar hulle wil. Dit word met bakkies en kruiwaens aangery. Ons het verlede Desember ’n man met n bakkievrag gekonfronteer toe hy die vullis aflaai. Vyf minute later het die man by ons huis opgedaag met ses tot agt mans agterop die bakkie en ons begin dreig.”

’n Bord, waarop “Sol Plaatje Munisipaliteit – No Dumping” staan, is ook op hierdie veld opgerig.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, is gekontak, maar het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief