Saul verwelkom hersiening om uitgawes te sny

Lees ook :

KIMBERLEY – Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het die besluit van president Cyril Ramaphosa, om die ministeriële handboek te hersien om verder uitgawes te sny, verwelkom. 

Saul sê hy het by verskeie geleenthede sy administrasie daartoe verbind om uitgawes te verminder en om daardie hulpbronne te gebruik om die lewens van die armstes in die provinsie te verbeter.

Die provinsiale administrasie van die Noord-Kaap het die proses begin om die nuwe riglyne van die ministeriële handboek te hersien. Hulle is toegewy om waar nodig uitgawes te sny om dienslewering te verbeter.

“Institusionele praktyke en kulture wat nice-to-have is, vorm nie deel van ons mandaat nie,” het Saul gesê.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief