Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte in hof oor ‘ontvoering’ van 73-jarige vrou

Foto: Rdl. Bill Harington 
VF Plus - Nelson Mandelabaai-metro
Foto: Rdl. Bill Harington VF Plus - Nelson Mandelabaai-metro

OOS-KAAP. – ’n 29-jarige verdagte het Donderdag vlugtig op aanklag van ontvoering van Theresa Minnie (73) in die Kariega-landdroshof verskyn. Dié verdagte en sy mede-beskuldigde (31) is albei vir die beweerde ontvoering aangekla.

AO Ndiphiwe Mhlakuvana, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die beskuldigdes se identiteit sal weens die sensitiwiteit van die saak nie in hierdie stadium bekendgemaak word nie. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 27 Augustus uitgestel.