Verdagte pleit skuldig vir 6-jarige se verkragting en moord

Lees ook :

Foto's: Luyanda Zwane update-blad en NVG

GAUTENG. – Sara Pete Simiao (25) het op aanklagte van ontvoering, verkragting, moord en oortreding van die immigrasiewet, wat met die moord op Amantle Samane (6) van Orlando-Oos verband hou, skuldig gepleit. Die hooggeregshof het Simiao dienooreenkomstig op alle aanklagte skuldig bevind. Die kind was vermis toe sy halfnakend en vermoor aangetref is.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die staatsadvokate Zamikhaya Staffa en Matshediso Phatlanyane het die aanklagte aan die hof voorgehou. Simiao het deur sy regsverteenwoordiging op die aanklagte skuldig gepleit. Die beskuldigde het in detail op die aanklagte skuld beken en gesê hy was onder die invloed van alkohol en het die slagoffer verwurg om die verkragting weg te steek.

Die ma van die sesjarige het saam met ander lede van die gemeenskap op die betrokke dag na die vermiste meisie gesoek. ‘n Getuie wat haar saam met Simiao sien stap het, het dit as verdag beskou en het die gemeenskapslede na Simiao se shack gelei waar die vermoorde kind gevind is.

Simiao is op 23 Oktober 2024 in Zola, Soweto, in hegtenis geneem. Hy sal ná die skuldigbevinding op 19 Augustus gevonnis word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief