Verdagte vas ná moord op Mosselbaaise vrou

Lees ook :

Foto: Google Maps

WES-KAAP. – ‘n Verdagte man (39) is Dinsdagaand tydens die ondersoek na die dood van ’n 62-jarige vrou by sy huis in Kwanonqaba in hegtenis geneem. Die oorledene se liggaam is Maandag net ná 11:00 met ‘n oop nekwond in haar woonstel in Crookstraat gevind. 

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die man bly in aanhouding en sal Vrydag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn. Die verdagte word deur aanklagte van moord en diefstal van ’n motorvoertuig in die gesig gestaar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief