Verdagte vir ‘samewering om openbare geweld te pleeg’ in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Bonginkosi Khanyile is Vrydag deur die Valke op aanklagte van die oortreding van die wet op oproerige samekomste en sameswering om openbare geweld te pleeg, in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder vir die Valke, sê die arrestasie volg op openbare geweld gedurende Maart vanjaar in Johannesburg.

Na bewering het Khanyile in ‘n aankondiging ‘n openbare oproep vir protesaksie en gewelddadige dade gedoen, sou die politieke party van keuse nie op ‘n stembrief verskyn nie.

“Die aankondiging het ook konnotasies gehad dat landsburgers bymekaar moet kom om die land soos in Julie 2021 te plunder.”

Mogale sê ‘n kriminele saak is by die Brixton-polisiestasie geopen en Khanyile is is by die Durban-landdroshof waar hy vir die gebeure van Julie 2021 verskyn het, in hegtenis geneem.

“Hy is op borgtog vrygelaat en sal weer vir albei sake op 23 September 2024 in dieselfde hof verskyn.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief