Verdagtes in hof nadat patrollielede doodgeskiet is

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Twee verdagte mans, ‘n Zimbabwiër (27) en ‘n Suid-Afrikaner (50), het op aanklagte in die Pretoria-Noord-landdroshof voorgekom, nadat patrollielede in die Marry Me- informele nedersetting in Shoshanguve doodgeskiet en gewond is.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die verdagtes staan op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie tereg. Die jonger verdagte word ook aangekla omdat hy onwettig in die land is. Hulle is afsonderlik op 24 Maart in uitbreiding 6 en uitbreiding 20 in Soshanguve gearresteer.

Die 27-jarige verdagte het die hof ingelig hy is van plan om sy borgtogaansoek voorlopig te laat vaar, terwyl die ouer verdagte steeds met sy borgtogaansoek voortgaan. Die saak is tot 1 April uitgestel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief